Reviews
Tannie Karien se voor en nageboorte klasse is absoluut goud werd!
Vir ‘n eerste keer mamma is kinders grootmaak baie oorweldigend en my kennis was beperk, maar ek het weggestap met die wete van alles wat ek moet weet, ‘n paar goue stof wenke en ek was meer as gereed om my dogtertjie in die wêreld te verwelkom !
Tannie Karien het soveel ondersteuning gebied en daar het nie iets bestaan soos ‘n simpel vraag nie. Die klasse was pret vir beide myself en my man en ons het ‘n paar fantastiese mense ontmoet, soveel so dat ek hartseer was vir ons laaste klasse. Tannie Karien is soos ‘n tweede ma vir enige mamma! Ek beveel enige iemand sterk aan om deel te neem aan die klassies.
Baie dankie vir tannie se kennis en ek sal vir altyd my nota’s koester!
Baie Liefde
Ek kan met soveel lof en groot waardering van Karien Camphor skryf. Wat ‘n ongelooflike vrou en ware steunpilaar vir my as nuwe mamma wat werklik net die beste vir haar baba wou hê en nie kon sin maak van die see van inligting wat beskikbaar is aanlyn nie.
Sy het voorgeboorte- en nageboorteklasse aangebied wat ons nie net voorberei het vir een van die grootste veranderinge in ons lewens nie, maar ons inspireer om met selfvertroue, raakvat ouers te kan wees.
Met ‘n ferm tog sagte en geduldige benadering het sy talle van ons nuwe mammas met liefde en kundigheid beraad, op koers gehou en ons lyfies geïmmuniseer.
Haar beskikbaarheid en bereidwilligheid om na ons duisende vrae te luister het gemaak dat jy altyd gerus voel, ongeag die omstandighede. Haar advies was altyd trefseker, gebaseer op jare se ervaring en bewese resultate.
Haar passie oor en toewyding aan die welstand van elke baba en mamma het gemaak dat sy ‘n onontbeerlike metgesel op hierdie kosbare reis van ouerskap vir ons was. Sy het ‘n diepgaande impak op ons lewens gemaak, en haar opregte omgee is iets wat ons vir altyd sal koester. Dit is vir ons ‘n groot verlies om haar te groet, maar ek weet in egte Tannie Karien styl, is sy net ‘n oproep ver.
Tannie Karien, sy het ons huishouding gerat gekry vir die koms van ons tweeling, sy het ons hande en harte gereed en sterk gemaak. Maar sy was veel meer as dit, dit was soos om jou Ma naby te hê… altyd beskikbaar, altyd reg om te help met ‘n liefdevolle moederhart. Dankie Tannie, diep liefde en waardering vir Tannie.
Tannie Karien is die beste! Ek was self as kind by haar. My eerste kind was in Engeland gebore en Tannie Karien het my gehelp met gereelde whatsapp calls van SA af. Altwee my kinders was by tannie Karien en ek het altyd volle vertroue gehad in haar raad. Sy is “one in a million” ❤️
Tannie Karien is professioneel, liefdevol en het ’n natuurlike aanvoeling vir die behoeftes van babas. Haar rustigheid en kundigheid het ons as ouers werklik gerusgestel. Sy werk altyd met groot sorg en geduld en het ook waardevolle wenke en raad oor slaaproetines, voeding enalledaagse versorging gedeel. Ons is ongelooflik dankbaar vir al haar hulp met ons dogtertjie.
Karien se kennis oor elke fase en stadium van ‘n kind, kan jy nêrens anders kry nie. Sy immuniseer ook fantasties – vir klein en groot. Sonder haar sou my dogtertjie nie kon reg eeten groei in haar begin babafase nie. Dankbaar vir haar insette.
Voorgeboorteklasse vir eerste keer mammas of selfs net ‘n verfrisser vir mammas wat al kinders het – hierdie klas was een van die beste besluite waat ek ooit vir myself en my baba kon neem!
Tannie Karien se kennis van babas en mammas is absoluut fenomenaal. Haar raad oor enigekwaal, roetine, voeding – en selfs ondersteuning vir mammas – is ongelooflik prakties, uiterseffektief en lewer elke keer sigbare resultate
Jy sal gou hoor hoe mammas van Tannie Karien praat en glo my, as jy haar naam hoor, moetjy jou ore spits en luister!
My “baba”word vanjaar 2 en danksy Tannie Karien eet hy goed, slaap hy goed, en is hystewig in sy roetine. Die enigste ding wat ek nog by haar moet leer is hoe om daardie“tantrums”aan te pak.
Vir nuwe mammas, sowel as gesoute mammas, doen jouself (en jou baba) ‘n guns en maakTannie Karien deel van julle reis. Jy sal nooit spyt wees nie.
Ons ervaring met Karien was regtig fantasties gewees! Ons het op laaste minuut by haaruitgekom deur vriendinne wat ons verwys het. Vir 2 pappas het ons goeie raad en leidingnodig gehad. Ons het Voor- en Nageboorte klasse bygewooon en Karien se insette enervaring wat sy deur die jare opgebou het is ongelooflik. Ons sal enigiemand aanbeveel om gebruik te maak van Karien se dienste. Ons is so dankbaar vir al Karien se insette in ons enons dogtertjie se lewe.
Karien is in my (en my man se oë), ons “hero”. Van dag 1 af het sy ons vertroue gewen! Met elke voorgeboorteklas het ons meer en meer “bekwaam” gevoel. Let wel – gevoel; nie gewees nie.
Die nageboorteklasse het daardie “leemte” gevul. My notaboek van die voor en nageboorte klasse het soos ‘n tweede bybel geraak; eers saam kraamkamer toe, dan op die bedkassie elke aand, en later byderhand genoeg vir wanneer ek nie weet nie.
Nou is Ulrich in haar skooltjie in Menlopark – nog nie een dag spyt nie; ek het net lof vir al die personeel en die infrastruktuur wat hulle onderhou. Karien se reputasie loop haar vooruit … sy is besig om haarself en haar institusies legendaries te maak. Ek is so dankbaar dat ek haar ontmoet het met ons eerste kind!
Ons sien met ons hele wese daarna uit om ‘n mamma te word, maar die oorweldigende bekommernisse van die onbekende kan veroorsaak dat mens vergeet om hierdie avontuur te geniet.
Karien Camphor is voorwaar ‘n engel!!! Vanaf dag een se voorgeboorteklas tot jou laaste koffie saam met jou nuwe maats in haar nageboorteklas; is een lieflike ondervinding.
Saam met haar is jou avontuur propvol lekkerte.
Nie net leer sy jou ALLES wat jy moet weet nie, maar, sy is ook vir almal ‘n ekstra Ma om raad te gee en te help, enige tyd van die dag of nag.
Haar klasse is propvol puik mediese raad, wat uiters goed nagevors is en wat op datum is met wat tans relevant is in die wêreld.
Sy is ‘n kenner in haar gebied en met jare se ondervinding, is daar werklik niks kort aan inligting by haar klasse nie. As jy uitstap weet jy net die beste en is kraam sowel as borsvoed ‘n fees, want jy het wonderlike notas om op terug te val as jy onseker is.
Dankie Karien vir die ongelooflike lekker “journey” wat jy saam ons aanpak. Ek kan myself nie voorstel hoe ‘n mens hierdie doen sonder jou nie!!!!
Karien se voorgeboorteklasse is ‘n waardevolle leerervaring wat beide ouers met die nodige kennis toerus om die uitdagende taak van ouerskap met ‘n bietjie meer selfvertroue aan te pak. Relevante onderwerpe word bespreek wat beide ouers betrek en laat deel in die swangerskap.
Die nageboorteklasse dien as ‘n sinvolle vertrekpunt vir nuwe ouers. Verskeie aspekte van vroeë kinderontwikkeling en postpartum veranderinge word deur ‘n verskeidenheid kundiges aangebied en bespreek. Weeklikse monitering van jou baba se groei en ontwikkeling is beslis gerusstellend. Die nageboorteklasse ontwikkel verder in ‘n ondersteuningsgroep waar nuwe mammas hulle ervarings in ‘n veilige en ontspanne omgewing met mekaar kan deel.