★★★★★
★★★★★
5 / 5
On Google Reviews

A huge thank you to Karien for all the support, guidance and encouragement throughout our pre- and postnatal journey.
Your knowledge and kindness gave us so much confidence, and your help with our baby has meant the world to us. We are so grateful for everything you’ve done and couldn’t recommend your classes more highly!

Sabrina Botha

1 Jul 2026

★★★★★
★★★★★
5 / 5

My husband and I completed both the pre- and postnatal classes with Tannie Karien, and we truly couldn’t recommend her more highly. Not only are the classes incredibly informative, but she also goes above and beyond after the birth, always being there to help with the thousand questions you’re bound to have as first-time parents.

She is so supportive, and her advice and classes really prepare you for every aspect of childbirth and parenthood. Thanks to her, my husband and I felt so much more confident as new parents.

We are incredibly grateful for her guidance and care 🤍

Tanith Quait

29 Mar 2026

★★★★★
★★★★★
5 / 5

Ons liefste liefste Tannie Karien !

Sy is die verskil tussen ‘n baba hê en survive , of ‘n baba hê en THRIVE!

Ons het nog nie een dag gevoel asof ons net ” survive ” nie , en dit is alles te danke aan haar. Ons het beide haar voor en na-geboorte klasse bygewoon en dit het letterlik die lewe se verskil gemaak . Jy dink jy weet genoeg totdat jy begin met die klasse en besef jy weet eintlik net ‘n halve druppel in die emmer.

Tannie Karien se klasse bestaan nie net uit navorsing nie maar ook uit allerdaagse praktiese raad – van badtyd reg deur tot immuniserings program.

Sy is altyd net ‘n oproep vêr vir daardie dae wat jy onseker is -oor enige iets !

Ons sal altyd dankbaar wees vir haar en haar nommer op speed dial hou !

Elzani & Herman & Katryn

ELZANI STEYN

26 Mar 2026

★★★★★
★★★★★
5 / 5

Tannie Karien is n absolute engel. Haar kennis is net ongelooflik. Sy het my as n nuwe mamma deur ’n baie onsekere maar spesiale en opwindende tyd gehelp.

Sy is rustig, geduldig en altyd daar om te help. Haar raad het vir my en my man al soveel beteken en ons het net waardering vir haar. 🤍

Zante Venter

14 Mar 2026

★★★★★
★★★★★
5 / 5

Karien Camphor’s prenatal classes were truly a lifesaver for us. They gave us so much practical, easy-to-follow information and made us feel confident and prepared going into birth and the newborn stage.

Her guidance has made such a difference in my postpartum experience—especially with breastfeeding—and helped take away so much of the uncertainty and stress. Having her notes and “guidelines” to refer back to has given us real peace of mind during those early weeks.

What truly stands out is how much she genuinely cares for the families she works with. She approaches everything with so much love, patience, and care, which makes the whole experience even more special.

I would highly recommend her prenatal and postnatal classes to any expecting parents.

Ulane Albrecht

15 Mar 2026

★★★★★
★★★★★
5 / 5

Absolutely loved Kariens Pre-natal classes! My husband and I attended the 11-week Zoom series and it was a GAME-CHANGER. Super informative, engaging, and supportive. Kariens created a comfy vibe, even online! 😊 Covered everything from labour to newborn care. Highly recommend for first-time parents-to-be!

nina ferreira

22 Mar 2026

★★★★★
★★★★★
5 / 5

Ek het Tannie Karien se voor- en nageboorte klasse bygewoon en dit is so so insiggewend en n absolute moet vir enige nuwe mamma. Tannie Karien is altyd beskikbaar en niks is te veel moeite nie, selfs al het ek op tye elke dag gebel met vrae toe sussie net huistoe gekom het van die hospitaal. Sy gee werklik om en ek sou verlore gewees het sonder haar. 🩷

Chanel Du Toit

25 Feb 2026

★★★★★
★★★★★
5 / 5

Om by tannie Karien Camphor se voor- en nageboorteklasse was een van die beste besluite wat ons as nuwe ouers geneem het. In ‘n tyd wat maklik onseker en oorweldigend kan voel, het sy vir ons rustigheid en duidelikheid gebring.

Wat vir my uitgestaan het, is hoe prakties en toepaslik haar raad is — dit is nie net teorie nie, maar werklik bruikbare leiding wat jy elke dag kan toepas. Sy fokus nie net op die baba nie, maar ook op die ouers se welstand.

Tannie Karien se ondersteuning na die geboorte beteken net so baie soos die klasse self. Om te weet sy is net ‘n boodskap of oproep ver, gee ongelooflike gerusstelling. Ek is opreg dankbaar vir die rol wat sy in ons ouerskapreis speel en sal haar met vrymoedigheid aanbeveel.

Christine Oosthuizen

27 Feb 2026

★★★★★
★★★★★
5 / 5

Karien se dienste was van onskatbare waarde vir ons as voornemende en later nuwe ouers met die geboorte van ons eersteling in Januarie 2026.

Karien se kursus – beide die reeks voor- en nageboorteklasse wat sy aanbied – is elke sent werd. Sommige mense is van mening dit is ‘n nadeel, maar die feit dat Karien se klasse aanlyn aangebied word, hou ‘n aantal voordele in: Dit stel jou in staat om in die gemak van jou eie huis die lesings by te woon, aantekeninge te maak, skermgrepe te neem en op jou toestel te stoor (terwyl jy byvoorbeeld na jou baba omsien). Daar is ook nie enige reiskoste en logistiek betrokke nie, en aangesien die lesings oor ‘n aantal weke uitgesprei word, kan jy groot hoeveelheid lnligting rustiger en meer stelselmatig verteer.

Dit was veral goed vir ons, aangesien ons albei in die aanloop tot ons seun se geboorte vir werk moes reis. Ons kon dus steeds onderskeidelik aanlyn op MS Teams inskakel, selfs toe een of albei van ons uitstedig was.

Karien is geweldig ervare (sy het immers dekades lank ‘n suksesvolle praktyk in Pretoria bedryf) en het ’n uitstekende aanvoeling vir ouers én babas. Die lesings is insiggewend, prakties en toeganklik. Sy bly ook op hoogte van die jongste verwikkelinge in die veld van pediatrie, wat beteken haar advies is altyd goed gefundeer. Ons waardeer ook die feit dat Karien nie doekies omdraai wanneer dit kom by dinge soos anti-vaxxing en ander dergelike drogredes wat jou kind in gevaar kan stel nie. ‘n Vars bries, byna soos ‘n meer ingeligte en professionele tante of ouma op wie ‘n mens jou kan toeverlaat!

Verder is Karien geredelik beskikbaar per WhatsApp – sy vra slegs ‘n nominale fooi ná drie of meer telefoniese interaksies wat billik is – en sy byna altyd bereid om raad te gee. Hierdie 1:1 ondersteuning was van besondere waarde toe ons aanvanklik met “latching” en borsvoeding gesukkel het. Karien het blitsvinnig agter die kap van die byl gekom en presies die regte aanbeveling gemaak.

Karien, baie dankie. Ons beveel jou dienste met die grootste vrymoedigheid aan!

Neil van Heerden

28 Feb 2026

★★★★★
★★★★★
5 / 5

I completed both Karien’s prenatal and postnatal classes, and I highly recommend them. My husband and I found these classes absolutely fundamental to our knowledge and confidence in raising our child — we genuinely would have felt lost without them. Karien truly cares about the wellbeing of both the parents and the baby, and this comes through clearly in her teaching. Her advice is thoughtful, practical, and always guided by what is best for the family as a whole. The support, guidance, and reassurance we received were invaluable.

Lerika Eigelaar

4 Feb 2026

★★★★★
★★★★★
5 / 5

Tannie Karien het ons so baie gehelp om voor te berei op die koms van ons baba dogtertjie! Ons sal haar beslis aanbeveel vir enige iemand wat meer ingelig in die nuwe fase van hul lewe wil in gaan! Dankie tannie vir die kennis, advies, en ondersteuning

Carla Peijper

5 Feb 2026

★★★★★
★★★★★
5 / 5

“My go to person”
Tannie Karien se kennis is ongelooflik! Die voor en nageboorte klasse het vir my ń Goeie basis en fondasie van kennis gelê! Die na diens is ook wonderlik om gou te bel as ek onseker was oor iets! Sy stap ñ pad saam jou en maak seker Jy is toegerus met dit om die beste mamma vir jou baba te wees!

Mariesa Badenhorst

★★★★★
★★★★★
5 / 5

Five out of five

Liezl du Plessis

1 Feb 2020

★★★★★
★★★★★
5 / 5

Five out of five

Izelle Grimbeek

5 Feb 2026

★★★★★
★★★★★
5 / 5

Informative and honest. Friendly staff members. Clean place. Really good for the whole family

Monache van Rij

5 Oct 2017

★★★★★
★★★★★
5 / 5

Reviews

Tannie Karien se voor en nageboorte klasse is absoluut goud werd!

Vir ‘n eerste keer mamma is kinders grootmaak baie oorweldigend en my kennis was beperk, maar ek het weggestap met die wete van alles wat ek moet weet, ‘n paar goue stof wenke en ek was meer as gereed om my dogtertjie in die wêreld te verwelkom !

Tannie Karien het soveel ondersteuning gebied en daar het nie iets bestaan soos ‘n simpel vraag nie. Die klasse was pret vir beide myself en my man en ons het ‘n paar fantastiese mense ontmoet, soveel so dat ek hartseer was vir ons laaste klasse. Tannie Karien is soos ‘n tweede ma vir enige mamma! Ek beveel enige iemand sterk aan om deel te neem aan die klassies.

Baie dankie vir tannie se kennis en ek sal vir altyd my nota’s koester!

Baie Liefde

Marie-Louise, Magnus & Klara Smit

Ek kan met soveel lof en groot waardering van Karien Camphor skryf. Wat ‘n ongelooflike vrou en ware steunpilaar vir my as nuwe mamma wat werklik net die beste vir haar baba wou hê en nie kon sin maak van die see van inligting wat beskikbaar is aanlyn nie.

Sy het voorgeboorte- en nageboorteklasse aangebied wat ons nie net voorberei het vir een van die grootste veranderinge in ons lewens nie, maar ons inspireer om met selfvertroue, raakvat ouers te kan wees.

Met ‘n ferm tog sagte en geduldige benadering het sy talle van ons nuwe mammas met liefde en kundigheid beraad, op koers gehou en ons lyfies geïmmuniseer.

Haar beskikbaarheid en bereidwilligheid om na ons duisende vrae te luister het gemaak dat jy altyd gerus voel, ongeag die omstandighede. Haar advies was altyd trefseker, gebaseer op jare se ervaring en bewese resultate.

Haar passie oor en toewyding aan die welstand van elke baba en mamma het gemaak dat sy ‘n onontbeerlike metgesel op hierdie kosbare reis van ouerskap vir ons was. Sy het ‘n diepgaande impak op ons lewens gemaak, en haar opregte omgee is iets wat ons vir altyd sal koester. Dit is vir ons ‘n groot verlies om haar te groet, maar ek weet in egte Tannie Karien styl, is sy net ‘n oproep ver.

Adriaan en Melinda Bergh

(Melinda Bam - Voormalige Mej Suid Afrika)

Tannie Karien, sy het ons huishouding gerat gekry vir die koms van ons tweeling, sy het ons hande en harte gereed en sterk gemaak. Maar sy was veel meer as dit, dit was soos om jou Ma naby te hê… altyd beskikbaar, altyd reg om te help met ‘n liefdevolle moederhart. Dankie Tannie, diep liefde en waardering vir Tannie.

Die Burgers

Tannie Karien is die beste! Ek was self as kind by haar. My eerste kind was in Engeland gebore en Tannie Karien het my gehelp met gereelde whatsapp calls van SA af. Altwee my kinders was by tannie Karien en ek het altyd volle vertroue gehad in haar raad. Sy is “one in a million” ❤️

Wynand en Anri Olivier

(Wynand Olivier - Voormalige Springbok Senter)

Tannie Karien is professioneel, liefdevol en het ’n natuurlike aanvoeling vir die behoeftes van babas. Haar rustigheid en kundigheid het ons as ouers werklik gerusgestel. Sy werk altyd met groot sorg en geduld en het ook waardevolle wenke en raad oor slaaproetines, voeding enalledaagse versorging gedeel. Ons is ongelooflik dankbaar vir al haar hulp met ons dogtertjie.

Marco en Chanel van Staden

Karien se kennis oor elke fase en stadium van ‘n kind, kan jy nêrens anders kry nie. Sy immuniseer ook fantastiesvir klein en groot. Sonder haar sou my dogtertjie nie kon reg eeten groei in haar begin babafase nie. Dankbaar vir haar insette.

Rialien Brand

Voorgeboorteklasse vir eerste keer mammas of selfs net ‘n verfrisser vir mammas wat al kinders het – hierdie klas was een van die beste besluite waat ek ooit vir myself en my baba kon neem!

Tannie Karien se kennis van babas en mammas is absoluut fenomenaal. Haar raad oor enigekwaal, roetine, voeding – en selfs ondersteuning vir mammas – is ongelooflik prakties, uiterseffektief en lewer elke keer sigbare resultate

Jy sal gou hoor hoe mammas van Tannie Karien praat en glo my, as jy haar naam hoor, moetjy jou ore spits en luister!

My “baba”word vanjaar 2 en danksy Tannie Karien eet hy goed, slaap hy goed, en is hystewig in sy roetine. Die enigste ding wat ek nog by haar moet leer is hoe om daardietantrums”aan te pak.

Vir nuwe mammas, sowel as gesoute mammas, doen jouself (en jou baba) ‘n guns en maakTannie Karien deel van julle reis. Jy sal nooit spyt wees nie.

Niki Visser

Ons ervaring met Karien was regtig fantasties gewees! Ons het op laaste minuut by haaruitgekom deur vriendinne wat ons verwys het. Vir 2 pappas het ons goeie raad en leidingnodig gehad. Ons het Voor- en Nageboorte klasse bygewooon en Karien se insette enervaring wat sy deur die jare opgebou het is ongelooflik.  Ons sal enigiemand aanbeveel om gebruik te maak van Karien se dienste. Ons is so dankbaar vir al Karien se insette in ons enons dogtertjie se lewe.

Wian en Jaco Smith-Venter

Karien is in my (en my man se oë), ons “hero”.  Van dag 1 af het sy ons vertroue gewen!  Met elke voorgeboorteklas het ons meer en meer “bekwaam” gevoel.  Let wel – gevoel;  nie gewees nie.

Die nageboorteklasse het daardie “leemte” gevul.  My notaboek van die voor en nageboorte klasse het soos ‘n tweede bybel geraak;  eers saam kraamkamer toe, dan op die bedkassie elke aand, en later byderhand genoeg vir wanneer ek nie weet nie.

Nou is Ulrich in haar skooltjie in Menlopark – nog nie een dag spyt nie;  ek het net lof vir al die personeel en die infrastruktuur wat hulle onderhou.  Karien se reputasie loop haar vooruit … sy is besig om haarself en haar institusies legendaries te maak. Ek is so dankbaar dat ek haar ontmoet het met ons eerste kind!

Ilse van Nieuwenhuizen

Ons sien met ons hele wese daarna uit om ‘n mamma te word, maar die oorweldigende bekommernisse van die onbekende kan veroorsaak dat mens vergeet om hierdie  avontuur te geniet.

Karien Camphor is voorwaar ‘n engel!!! Vanaf dag een se voorgeboorteklas tot jou laaste koffie saam met jou nuwe maats in  haar nageboorteklas; is een lieflike ondervinding.

Saam met haar is jou avontuur propvol lekkerte.

Nie net leer sy jou ALLES wat jy moet weet nie, maar, sy is ook vir almal ‘n ekstra Ma om raad te gee en te help, enige tyd van die dag of nag.

Haar klasse is propvol puik mediese raad, wat uiters goed nagevors is en wat op datum is met wat tans relevant is in die wêreld.

Sy is ‘n kenner in haar gebied en met jare se ondervinding, is daar werklik niks kort aan inligting by haar klasse nie. As jy uitstap weet jy net die beste en is kraam sowel as  borsvoed ‘n fees, want jy het wonderlike notas om op terug te val as jy onseker is.

Dankie Karien vir die ongelooflike lekker “journey” wat jy saam ons aanpak. Ek kan myself nie voorstel hoe ‘n mens hierdie doen sonder jou nie!!!!

Dr Gisela van Rooyen

Karien se voorgeboorteklasse is ‘n waardevolle leerervaring wat beide ouers met die nodige kennis toerus om die uitdagende taak van ouerskap met ‘n bietjie meer selfvertroue aan te pak. Relevante onderwerpe word bespreek wat beide ouers betrek en laat deel in die swangerskap.

Die nageboorteklasse dien as ‘n sinvolle vertrekpunt vir nuwe ouers. Verskeie aspekte van vroeë kinderontwikkeling en postpartum veranderinge word deur ‘n verskeidenheid kundiges aangebied en bespreek. Weeklikse monitering van jou baba se groei en ontwikkeling is beslis gerusstellend. Die nageboorteklasse ontwikkel verder in ‘n ondersteuningsgroep waar nuwe mammas hulle ervarings in ‘n veilige en ontspanne omgewing met mekaar kan deel. 

Melissa Boshoff

Message Us

Contact Us
Name & Surname
Contact Number
We will not SPAM your inbox
Kindly indicate which service you would like more information on
Give us a brief description of your requirements